By Hoërskool Porterville bied ons 'n omvattende leerervaring waar akademie, sport en kultuur hand aan hand gaan om elke leerder holisties te ontwikkel.
Akademie
Ons akademiese program word gerugsteun deur 'n unieke onderwysbenadering en passievolle personeel wat leerders deur 'n diverse reeks vakkeuses begelei om op die hoogste vlak te presteer.
Sport
Op die sportveld leef die HSP Bulle hul passie en spangees uit in dissiplines soos rugby, netbal, krieket, atletiek, swem, tennis en gholf, met bykomende geleenthede in Noodhulp en die jaarlikse hoogtepunt van die Interskole.
Kultuur
Ons bied ook 'n ryk kultuurlewe wat 'n platform vir kreatiwiteit en geestelike groei skep deur die HS sêr, Dramaklub, VCSV, ATKV, redenaars, asook deelname aan die LSO & Wes-Boland Eisteddfods en ons energieke cheerleaders. Sedert 2024 word daar ook jaarliks ‘n fase-konsert aangebied. Vanjaar is die Seniorfase (Gr. 7-9) se beurt!