BULLEBOND

Gegrond in tradisie. Groei in kwaliteit.

Wie Ons Is

Ons bring oudleerders en vriende van die skool saam om projekte moontlik te maak wat geleenthede vir leerders verbeter en die skool se toekoms versterk. Hoërskool Porterville se leerders en personeel bly die kern van ons fokus.

Ons help ook graag met die reël van reünies tydens Bulfees, Interskole of enige ander naweek indien nodig.

Ons Fokus

Die Bullebond NPC ondersteun onder andere:
Beurse en finansiële ondersteuning vir verdienstelike leerders
Opgradering van skoolfasiliteite
Ondersteuning van akademiese, sport- en praktiese leerprogramme
Projekte wat Hoërskool Porterville en die dorp se ontwikkeling bevorder

Huidige Projekte
Opgradering van Verbruikerstudie-klas met die nodige toerusting
Vergroot Landboutegnologie-klas
Aanbou van kleedkamers by Bertus Nel Klubhuis

Ons logo verteenwoordig die
waardes waarop ons bou:
Tradisie. Groei. Kwaliteit.

Donasies

Die Bullebond NPC kan amptelike donasie-kwitansies uitreik vir skenkings wat vir belastingdoeleindes gebruik kan word volgens toepaslike wetgewing.
Elke bydrae – groot of klein – help om volhoubare projekte vir Hoërskool Porterville en ons gemeenskap moontlik te maak.

Netcash Debietorder
'n Maandelikse aftrekking om die Bullebond finansieel te versterk.

Kontak ons gerus:
hspbullebond@gmail.com
Registrasie: 2022/686945/08